Local sportSport

Gimnassies sluit jaar op ‘n hoë noot af

Meer as 200 gimnaste van die Nelspruit Gimnastiek Akademie is die afgelope naweek na 'n besige jaar, getoets.

Die deelnemers het almal medaljes volgens die prestasies wat behaal is, ontvang.
“Gimnastiek is ‘n wonderlike sport op ‘n jong ouderdom vir enige kind.
“‘n Kleuter kan al sy spiere op ‘n prettige manier oefen. Die voorskoolse gimnastiekprogram ontwikkel en verbeter krag, soepelheid, hand- en oog koördinasie, ruimtelike oriëntasie, balans, luister- en sosiale vaardighede asook konsentrasie en dissipline,” sê die afrigter Maré Putter.
Voordele van gimnastiek
• Ontwikkel ‘n verskeidenheid
koördinasie- vaardighede
• Versterk spiere
• Bevorder soepelheid wat
beserings voorkom
• Leer kinders om trots te wees op dit wat hulle bereik het

• Bou selfvertroue
• Versterk kognitiewe vaardighede
• Verbeter
sosiale vaardighede.
Heelwat ouers het na die toets vertel hoe verbaas hulle
oor die verskeie elemente wat hul kleuters deur die jaar kon baasraak, is.

Die kleuters se gesigsuitdrukkings was té kosbaar en hulle het die naweek se
groot pret vreeslik geniet.
Die vlak 4- tot 7 gimnaste het oor die naweek
ook vertonings gelewer.

Back to top button