Klein maar getrein
Die rugbymannetjies van die Laeveld het Saterdag 16 November op Laerskool Nelspruit se rugbyvelde rondgeskarrel met net een doel voor oë - om 'n drie, hetsy by hul eie of die teenstanders se doellyn, te druk.

Dit was kosbaar
en aanskoulik –
90 groentjies tussen
die ouderdom van
3 tot 6
jaar het gereeld bo-op mekaar geval en dit was ‘n gebondel van ‘n ander soort.
Die twee afrigters het meer en deels die klein lyfies in die regte rigting
gedraai. Alhoewel hulle op daardie ouderdom nog nie weet watter doellyn hulle
s’n is nie, is hulle slim genoeg om die bal op te tel en na die naaste een toe
te hardloop.
Ruggakids bestaan reeds agt jaar en bied programme in Pretoria,
Noordwes en Mpumalanga aan – ‘n kliniek is in Julie in Nelspruit begin.
Die
hoofdoel hiervan is om die jong klomp vir rugby op skoolvlak voor te
berei.
‘n Speelveld is 20×20 meter met 10 spelers aan ‘n kant – die blou en
die rooi span. Die wedstryd duur 40 minute met ‘n vyf minute waterbreek. “Dié
program ontwikkel spelers op ‘n jong ouderdom. Ons leer hulle die basiese
rugbyvaardighede en veiligheidstegnieke soos die regte manier om ‘n speler te
duik,” vertel die Nelspruit-organiseerder Tiaan Hurter.
Hurter het ‘n
internasionale rugbyraad vlak-twee eksamen en is mal daaroor om die jong manne
die regte tegnieke aan te leer voordat hulle op ‘n meer ernstige vlak aan dié
spansport begin deelneem.
Ouers kan volgende jaar hulle kinders inskryf om
een keer ‘n week vir 30 minute ‘n les by ‘n opgeleide afrigter te ontvang. Die
eerste sessies skop reeds op 13 Januarie af. Na afloop van ‘n kwartaal, vind ‘n
rugbydag plaas. Navrae: Hurter by
082-451-4141.
