Local sportSport

Spekmann maak skoonskip

Dit is al in vorige beriggewing genoem dat die vlugvoetige Steval Puma-vleuel, Rosco Spekman 'n droomjaar in sy eerste seisoen beleef het.

Saterdagaand is dié jongman as die Steval Pumas se Speler van die Jaar bekroon. Sy trofeekas gaan
egter aansienlik vergroot moet word, wat Spekman is ook met sewe ander
toekennings bekroon, waarvan die spelers se Speler van die Jaar en skeidsregters
se Speler van die Jaar van die mees gesogste is.
Met sy flambojante
persoonlikheid is hy ook as die Vodacombeker se Agterspeler van die Jaar, die
speler wat die meeste drieë in 2013 in ‘n Puma-trui gedruk het en die Vodacom-
en Curriebeker Speler van die Jaar vereer.
Die glansryke aand wat by die nuwe
Emnotweni Casino Arena aangebied is, is deur ongeveer 300 rugbygeesdriftiges
bygewoon. Alhoewel daar vele ander toekennings aan die amateur-been van die unie
asook die skeidsregters gemaak is, het die professionele span se prestasies die
aand oorheers.
Beide die breiers, Jimmy Stonehouse en MJ Mentz, is vereer vir
die mees suksesvolle jaar wat die unie nog beleef het. Corné Steenkamp is op sy
beurt as die mees suksesvolle kaptein van die unie bekroon, maar is ook as die
beste voorspeler-verdediger aangewys.
Eduan van der Walt is in sy afwesigheid
as die Vodacom Voorspeler van die Jaar bekroon met Coenie van Wyk, Vincent Koch
en Corné Fourie die belowendste spelers van die seisoen.
‘n Voormalige
rugbyspeler van die jaar, Jaco Bouwer het die trofee vir die mees lojale speler
ontvang. Carl Bezuidenhout is op sy beurt as die voorste puntemaker vereer. Die
speler wat die grootste impak op ‘n wedstryd gemaak het is Drew van Coller na hy
in die promosie-relegasie wedstryd behoorlik amok in die skrums gesaai het. Die
Steval Pumas se beste agterlyn-verdedigers, Stefan Watermeyer en Faf de Klerk,
het trofeë ontvang met De Klerk wat ook die toekenning vir beste vordering gekry
het. Die woelige blondekop-flank Renaldo Bothma is as die Voorspeler van die
Jaar vereer.
Ander toekennings:
Skeidsregters
• Ockert Juuren – Rookie
van die Jaar
• Riaan Booyse – Klub 22
• Stefan van Dyk – beste vordering
top 20
• Hoërskool Nelspruit – Skool van die Jaar
• Rikus van Heerden –
Beste akademiese prestasie
• Shumba Ferros – Klub van die Jaar
• Alex
Jonker – Beste algehele vordering
• Stefan Breytenbach – Sportman en
Sportster van die Jaar
• Hein Mentz – Ambassadeur van die
Jaar.
Amateur-toekennings
• Ermelo Rugbyklub – Hoëveldliga-wenners

Barberton Rugbyklub – Laeveldliga-wenners
• Shumba Ferros –
Superliga-wenners
• Sasol Rugbyklub – Pumas 7’s-kampioene
• Junior Laas –
Pumas Platteland Speler van die Jaar
• Izaan Green – Pumas Hoëveld
Amateurspan Speler van die Jaar
• Johan Burger – Pumas Laeveld Amateurspan
Speler van die Jaar
• Lina Sibiloane – Pumas Vroue Senior Speler van die
Jaar
• Lina Sibiloane – Pumas Vroue 7’s Springbok en SA vroue o/20

Masesane Mahlangu – SA Vroue o/20-span
• Nonhlanhla Ntambo – SA Vroue
o/20-span
• Sbonelo Lestela – SA Vroue o/20-span
• Zanele Nkosi – Pumas
Dogters o/16 Speler van die Jaar
• Louis Roos – Pumas Hoëveld 7’s Speler van
die Jaar
• Christiaan Labuschagné – Pumas Laeveld 7’s Speler van die
Jaar
• Lina Sibiloane – Pumas Vroue 7’s Speler van die Jaar
• Joy Ndlovu –
Pumas Dogters o/18 en 7’s Speler van die Jaar
• Wian van Schalkwyk – Pumas
o/19 Speler van die Jaar
• Pieter Kilian – Pumas o/21 Speler van die
Jaar
• Conraad van Vuuren – SA Skole Cravenweek-speler
• Brandon Thompson
– SA Skole Cravenweek-speler.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button