postsport-alfred dunhill
Die verdedigende Alfred Dunhill-kampioen, Charl Schwartzel, sal die groot gunsteling die naweek by Leopard Creek wees, na hy dié toer met ’n uitmuntende 12 houe verlede jaar gewen het. Die Johannesburger se gholfloopbaan het in 2004 hiér begin waar hy sy eerste toernooi gewen het.
Die verdedigende Alfred Dunhill-kampioen, Charl Schwartzel, sal die groot gunsteling die naweek by Leopard Creek wees, na hy dié toer met ’n uitmuntende 12 houe verlede jaar gewen het. Die Johannesburger se gholfloopbaan het in 2004 hiér begin waar hy sy eerste toernooi gewen het.
Schwartzel het die afgelope naweek op 272 (16 minder as baansyfer) by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe op die Glendowergholfbaan geëindig.
Die Amerikaner, John Daly maak sy verskyning weer vir die eerste keer in Suid-Afrika sedert die vroeë negentigs nadat hy uiteindelik na ‘n elmboogoperasie herstel het. Daly het reeds 19 professionele titels wat die PGA- en die Europese Toer insluit.
Die Zimbabwiër, Brendon de Jonge wat saam met Schwartzel vroeër vanjaar in die Presidentebeker-kompetisie gespeel het, sal egter een van die 2011 se Meesterskampioen se grootste kompetisie wees.
Onder die Suid-Afrikaners wat neffens die Krugerwildtuin in aksie sal wees, is die Pretorianer Darren Fichardt, Jbé Kruger, Jaco van Zyl, George Coetzee en die 2011-wenner Garth Mulroy.
‘n Yslike bedrag van R15 000 000 is op die spel. Toeskouers word aanbeveel om die hoofpad tussen Nelspruit en Malelane te vermy as gevolg van padwerke en eerder die Komatipoort-roete te volg.
Die naweek se weer in Malelane:
Donderdag 28 November:
Min: 18°C
Max: 26°C
Vrydag 29 November:
Min: 21°C
Max: 29°C
Saterdag 30 November:
Min: 20°C
Max: 35°C
Sondag 1 Desember:
Min: 19°C
Max: 28°C
Meer oor die baan:
Ontwerp deur – Gary Player
Tipe baan – oop grasvelde
Gaatjies – 18
Baansyfer – 72
Skoonveld – Kikuyu
Setperk – Bentgrass
Lengte – 6631 meter
