Gesonde aktiwiteit sorg vir lekker pret
DM Active Waterval Driekamp het vir gesonde kompetisie op 'n pragtige Saterdag gesorg.

Driekamp is ‘n multisport-dissipline wat uiterste uithouvermoë verg.
Die ouderdomkategorieë het gesorg vir verskillende afstande wat daar geswem,
fietsgery en gehardloop is.
“Driekamp-atlete moet in elke item kompeteer
terwyl die maksimum energie moontlik bespaar moet word vir die volgende item. In
moderne driekamp vind die items aaneenlopend plaas, en die tyd om oor te skakel
van een item na die volgende word ook ingereken,” vertel Wikipedia.
Met die
derde jaar wat DM Active Waterval Driekamp aangebied is het inskrywings met meer
as 100 gegroei. Dit was oop vir alle belangstellendes tot en met 62 jaar. In
totaal was daar 151 deelnemers en het die vorige jaar se 42 dus ver oortref.
Die “noodles & scooters”-kompetisie het ook vir baie pret onder die
kleuters gesorg. Hulle word van kleins af met gesonde kompetisie touwys gemaak
en het die toeskouers met hul uithouvermoë verstom.
“Deelnemers kon
individueel of in spanne deelneem. Ons bedank almal wat die dag moontlik gemaak
het. Dankie ook aan die ouers en kinders wat met soveel geesdrif opgedaag het,”
sê Marnel Forster, organiseerder.
Die gees was puik en dit was uiteraard ‘n
ware gesinsdag.
