Local sportSport

Lede van die gholfklub word vir prestasies vereer

Lydenburg Gholfklub het onlangs hul top-spelers vir hul uitsonderlike prestasies gedurende die jaar vereer.

Dit was die eerste prestige-toekennings in baie
jare, verduidelik Frans Labuschagne, die klubkaptein, wat daarna streef om met
‘n geleentheid soos hierdie samehorigheid en karakter te versterk.
“Dit is
tyd dat die spelers weer hul plek inneem en dat ons dit ‘n gereelde instelling
maak en hierdie tradisie voortsit.”
Terwyl Labuschagne die toekennings en
trofees wat selfs uit die dertiger jare dateer, toeken, besef mens opnuut dat
gholf sterk in Lydenburgers se are vloei.
“Vir 104 jaar het mense van
hierdie klub planne gemaak en met hierdie prestige-spelers wat vanaand voor ons
sit, kan ek nie sien dat ons dit ook nie hierdie keer sal regkry nie,” sê hy.

“Hierdie is ‘n sport waarin ons genot vind en nie ver hoef te reis om dit te
geniet nie. Dit is na aan ons huise en ‘n voorreg om te kan speel.”
Die klub
graag die volgende borge vir al hul bydraes bedank: AGWJ Trading & Services,
Conway, Gert en Andries Elektries, Longtom SUPERSPAR, Lybasol Motors, North
Safety, Okus, PG Glass Lydenburg, S & N Vleishandel, Steers Lydenburg, Tile
Direct, Toyota Lydenburg, Versekerings Forum, Volkswagen Highlands, Fraser
Alexander en Westvaal Mashishing.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button