Local sportSport

Man wys dit is nooit te laat om jou drome waar te laat word nie

Vir die gemiddelde 73-jarige persoon sal die Momentum 94.7 Cycle Challenge nie eers 'n flikkering in die gedagte wees wanneer hulle 'n pen nader trek vir hul bucket list nie, maar Roelf du Toit het egter effens anders gedink toe hy sy lysie op die ouderdom van 60 begin skryf het.

“Ek het nooit gedink dat ek
eendag sou fietsry nie, aangesien ek maar nog altyd ‘n liefde vir die pad gehad
het,” vertel hy terwyl hy verskeie van die marathons waaraan hy al deelgeneem
het opnoem.”
“Ek het nog altyd my fiets saamgeneem op vakansie om sommer vir
die lekker rond te ry en die natuur te besigtig, maar ek net nooit gedink ek sou
so ‘n wedren voltooi nie.”
Du Toit vertel dat hy laas op skool aan atletiek
deelgeneem het en eers op 68-jarige ouderdom begin het om half-marathons te
hardloop. Hy het op 60 afgetree, maar verduidelik dat dit steeds moeilik was om
die aktiwiteite in te pas omrede sy vrou nog tot en met 2007 gewerk het.

“Toe ons albei die dag aftree, het ons onsself afgevra wat ons gaan doen met
die tyd op ons hande en die paar rand wat beskikbaar was.”
Hy het besluit om
aan half-marathons deel te neem en dis waarskynlik waar die oefen-gogga hom
gebyt het. Oor die Momentum 94.7 Cycle Challenge kan Du Toit nie uitgepraat raak
nie, en jy besef opnuut dat sy passie vir die lewe onblusbaar is.
“Die hele
ding het by Conrad Langenegger, die assistent-bestuurder van Longtom Cycle &
Sport begin, toe hy uitvind dat ek volgende Maart die Argus gaan ry. Hy het my
aangeraai om die 94.7 as ‘n toetslopie te sien sodat ek ‘n gevoel kon kry van
wat op my wag.”
Hy het egter nie baie tyd oor gehad om te oefen nie en moes
binne slegs drie weke voorberei. “Ek het nie gedink dit gaan so moeilik wees nie
en die feit dat ek klaargemaak het, is net ‘n wonder,” vertel Du Toit terwyl hy
sy kop skud en byna nie kan glo dat hy daarin geslaag het nie.
“Ek het
aanvanklik goed begin en kon die eerste 47 kilometer in twee uur voltooi, maar
dinge het na die einde se kant effens moeiliker geraak. Ek het by sommige van
die waterpunte gevoel ek gaan omval, maar gelukkig het die energiedrankies my
weer nuwe krag gegee,” glimlag hy.
“Dit was ‘n stryd met tye en teen die
opdraandes het hulle behoorlik verby my gevlieg, maar met wilskrag het ek aanhou
trap en kon ek die resies voltooi.”
Hy vertel dat hy vyf maal per week in
die gimnasium te siene is saam met sy vrou, Annetjie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button