Local sportSport

Tennisspelers word vir harde werk beloon

'n Baanprogram wat harde werk en baie sweet verg, is Donderdag 21 November afgesluit toe die Ehlanzeni Junior Tennisvereniging hul algemene jaarvergadering en jaarlikse prysuitdeling gehad het.

Voorsitter van die Laeveld Junior
Tennis, Jeanetha Boshoff het gesê dat dit vir haar hierdie jaar gevoel het asof
die tennis in die Laeveld lewe begin kry het en dat hulle saam met van die
bestes in die land kan meeding. “Dit is nog ‘n ver pad om te stap, maar ek kan
sien daar is entoesiastiese ouers en spelers wat wéér lus geraak het om te speel
en ‘n mens kan ‘n ver pad met entoesiasme stap.”
Sy wil ouers aanmoedig om
meer betrokke te raak en veral van die kursusse wat aangebied word vanaf
Mpumalanga se kant af by te woon. Dit dien ook as inligtingsbron om op hoogte
van die Suid-Afrikaanse Tennisvereniging se reëls en regulasies te bly.
“Ons
finansies lyk baie gesond en ons wil graag dié fondse in ons spelers terugploeg.
Ons wil graag die jonger spelers van kleinsaf aan wedstrydervaring blootstel om
sodoende hulle tennis te verbeter. Ons beoog om in 2014 ‘n Laeveld-spannetjie
bymekaar te maak sodat hulle nie net teen wes-Mpumalanga en die Hoëveld, maar
ook teen die ander provinsies en sterker skole kan kompeteer.”
Pryse en
sertifikate is aan elke speler wat gedurende die afgelope jaar sy kant gebring
het, oorhandig – al was dit net om in al die toernooie te kon speel. Dié wat
deel van die interdistrikte-span was en die wat Mpumalanga-kleure verwerf het,
het ook erkenning gekry. Die beste speler van elke ouderdomsgroep is ook
aangewys en het elk ‘n wisseltrofee ontvang.
“Ek vertrou dat ons net van
krag tot krag sal gaan en dat ons ‘n paar nuwe, jong en opkomende sterre vir
Suid-Afrika hiér kan kweek.”
Om deel van die wenspan te word, skakel Jeanetha
by 082-780-4373 of Laetitia by 082-458-5789.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button