Local sportSport

Schwartzel pure kampioen!

Charl Schwartzel het Sondag op Leopard Creek in Malalane geskiedenis gemaak.

Schwartzel het die eerste gholfspeler geword wat die Alfred Dunhill-kampioenskappe drie keer gewen het.
Gedurende die oorhandigingseremonie, is daar aan hom voorgestel om die
20kg Luiperdtrofee vir ‘n oomblik neer te sit. Sy reaksie? “Nee wat, ek dink ek sal
dit nog so ‘n rukkie vashou.”
Dit was sy derde oorwinning, die eerste in 2004 en die tweede in 2012. Hy het 68 houe, vier minder as baansyfer, vir ‘n wentotaal van 271 (-17) aangeteken. Benewens dit, het hy óók 62 sonder ‘n brouhou geslaan en altesaam 20 voëltjies gespeel.
Richard Finch van Engeland het Schwartzel vir 10 punte laat hard werk om die prysgeld van R3 miljoen te wen.
Die Gautenger het op die 13de putjie ‘n voëltjie ingepalm, om hom ‘n voorsprong van drie houe te gee. Finch het ‘n 70, twee houe minder as baansyfer, op sy telkaart ingevul en ‘n eindtelling van 275 gespeel.
“Om die laaste dag met net vier houe te wen, beteken nie veel nie. “Ek het geweet Finch gaan oor die eerste nege putjies baie druk op my plaas, maar ek is vertroud met die baan en my sethoue was beter as verlede week op die Glendower-gholfbaan by die Suid-Afrikaanse Ope-kampioenskappe.”
Finch het die agterstand van twee houe maklik binne drie putjies uitgewis.
Hy was met een hou agter toe hy sy bofhou op die 11de putjie in die lang gras geslaan het. Alhoewel dit gelyk het of Schwartzel daardie hou in sy guns kon omdraai, het hy sy naderhou in die sandkuil geslaan.
Die geluksgodin het op die 14de haar rug op Finch gedraai.

Hy het ‘n dubbele brouhou aangeteken waar Schwartzel een na die ander met gemak gesink het.
Finch se landgenote, Simon Dyson (67) en Ross Fisher (69) en Romain Watter van Frankryk het gesamentlik in die derde plek geëindig. Die Nedbank-uitdaagtoernooi by Sun City waar van die wêreld se topspelers meeding, is volgende op Schwartzel se lys.

Hy het nog nie vantevore dié toernooi gewen nie. “Ek het die momentum waarop ek wil bou. Ek hoop ek kan dieselfde vorm handhaaf.”
‘n Handjie vol spelers sal van Donderdag af in die nuut uitgebreide Nedbank-uitdaagtoernooi in aksie wees. Die Sweed, Henrik Stenson het na ‘n gewrigsbesering herstel en sal vir die titel meeding.

Die Spanjaard Sergio Garcia het reeds twee keer die kristaltrofee gelig. Nege-en-twintig spelers slaan af, waaronder 18 vanjaar hul debuut maak.

Onder die Suid-Afrikaanse is Trevor Immelman, Ernie Els, Retief Goosen en Brendon Grace.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button