Local sportSport

Veerpyltjie-atlete een stap nader aan kampioenskappe

Die Laeveld Veerpyltjievereniging (LVV) het Saterdag 16 November as gasheer vir ‘n kompetisie vir besighede ten bate van 'n fondsinsamelingsprojek opgetree.

‘n Hele paar spelers van die vereniging toer volgende jaar na die Wes-Kaap om in
Julie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem.
“Dit was ‘n
prettige byeenkoms en die deelnemers het dit baie geniet. Die besighede wat
daarby betrokke was, was Cohtrade 108 CC, wat bestaan uit Hyundai, Renault,
Imperial Select en Tata, Barberton Ford, BUCO Nelspruit, Safintra en Compipic,”
het Petrus Schoeman van die LVV gesê.
Die wisseltrofee is deur Cohtrade
geborg. Die span van Safintra, Team Skull was in die kol en is as die algehele
wenners aangewys. Die beste dubbelspan-spelers was Mariaan en Tiaan de Beer óók
van Safintra. Tiaan was die beste enkelspeler. “Ons beplan om vroeg volgende
jaar weer so ‘n kompetisie te reël en hoop om meer besighede te betrek,” het
Schoeman verder gesê.
Navrae: Petrus Schoeman by 072-342-8779.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button