Local sportSport

Impala Rugbyklub kry nuwe bestuur

Impala Rugbyklub verwelkom hul twee nuwe afrigters, Heinrich Dreyer, en Francois Louw, self twee ervare rugbyspelers wat beide al in die buiteland vir klubs gespeel het.

Impala Rugbyklub verwelkom hul twee nuwe afrigters, Heinrich Dreyer, en Francois Louw, self twee ervare rugbyspelers wat beide al in die buiteland vir klubs gespeel het.

Dreyer, afkomstig van Johannesburg, het hom onlangs in Komatipoort kom vestig. Hy het vir Waikato in Nieu-Seeland gespeel, asook vir die Valke en Oostelike Provinsie in die Curriebeker. Hy was ook die kaptein van die Suid-Afrikaanse Rugby-liga.

Louw het ook onlangs Komatipoort toe trek en het in Engeland vir die bekende klub Bath gespeel. Verskeie Springbokke het al vir hulle gespeel. Hy het ook vir die Westelike Provinsie op junior-vlak gespeel.

Daar gaan gestreef word om die top-agt in die Laeveld-iga te behaal, om diepte in die span in te bou en om lekker hardlooprugby te speel. Daar is reeds 21 spelers wat vir volgende jaar begin oefen het. ‘n Beroep word op al die skoolverlaters en oud-rugbyspelers gedoen om by die klub te kom aansluit.

Die Laeveld-liga werk soos volg – al die spanne word in twee verdeel nadat die eerste ronde voltooi is. Dit beteken al die spanne kry geleentheid om teen elke klub in die streek te speel. Die top-agt vorm dan die Laeveld Superliga, terwyl die res as die Laeveld-liga bekend staan.

Die nuwe bestuur bestaan uit Aubrey van der Bank (voorsitter), Jaques Liebenberg (ondervoorsitter) Hennie Lee (addisionele lid) Yolande Dippenaar (addisionele lid – medies), Adele Eloff (sekretaresse/tesourier en Corné Dippenaar (klubkaptein). Voornemende spelers kan Dippenaar by 082-898-7509, of Audrey van der Bank by 076-365-8189 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button