Komatipoorters pronk in marathonwedloop in Athene
Drie atlete van Komatipoort het op 9 November aan die Athene Marathon in Griekeland, Athene deelgeneem.

Kitty Maree, asook Tommy en Anneline Webb het
weggespring met die Olimpiese vlam wat hoog gebrand het.
Dertig duisend
atlete het aan die wedloop deelgeneem. Hulle het in blokke weggespring en dit
het elke keer met vuurwerke en balonne gepaard gegaan. Die drie het goed gevaar
en dit was vir hulle ‘n wonderlike belewenis. In 490vC is die eerste stryd om
demokrasie hier geveg. Hoewel die Persiese leër baie groter as hulle was, het
die die burger-soldate van Athene geseëvier.
Die eerste demokrasie kon
ingestel word. Die klassieke Griekse leefwyse, wat die grondslag van die
Westerse beskawing gevorm het, is hier vasgelê.
Volgens oorlewering het die
Atheense boodskapper Phidippides, na afloop van hierdie groot oorwinning, 24 myl
na Athene gehardloop om die nuus oor te dra.
Die moderne marathon wat nou
plaasvind, herdenk dié groot prestasie.
Die Athene Marathon, wat jaarliks
plaasvind, volg die oorspronklike roete en is ook tydens die 2004 Olimpiese
Spele gevolg. Die hele roete word op teerpad gedoen. Die eerste 12km is gelyk,
terwyl die middelste 19km lang heuwels bevat. Die finale 11km bestaan uit
afdraandes.
Die wenstreep is in Athene se pragtige Olimpiese stadion, die
geboorteplek van die moderne Olimpiese Spele.
Diegene wat die Athene
Marathon hardloop, sê dit is ‘n ervaring wat hulle nooit sal vergeet nie.
