Twee van laerskool se swemhelde blink uit in gala teen Komatipoort
Tydens die gala teen Komatipoort het Robbie Drummond (11) en Sonya van Rooyen (13) hulle slag in die water gewys en ver uitgeblink.

Robbie het vier rekords laat spat en so ook vier goue medaljes verower. Sonya het strawwer kompetisie van haar swemgenote gekry, maar nogtans met drie goue medaljes huis toe gegaan.
Ek het albei gevra wat hul toekoms-planne was en hulle het geantwoord
dat hulle Olimpiese swemmers wil word.
Sonya mik vir 2016, wanneer sy 16 is of anders die Olimpiese Spele van
2020 wanneer sy 20 is.
Sy wil graag in Penny Heyns en Ryk Neethling se swemspore volg. Vanessa Sutherland, wat by Laerskool Barberton skoolgegaan het, het ook haar Springbokkleure vir swem verower, so Sonya en Robbie is in die regte omgewing. Albei is baie trots op hul prestasies.
Hou hierdie twee dop, in die toekoms gaan ons nog baie van hulle
sien en hoor.
Hou so aan julle twee, julle het die potensiaal om julle drome
te verwesenlik.
