Local sportSport

DM Active Waterval Cross Triathlon

BADFONTEIN – DM Active Waterval Driekamp het vir gesonde kompetisie op ‘n pragtige Saterdag gesorg. Driekamp is ‘n multisport-dissipline wat uiterste uithouvermoë verg. Die ouderdomkategorieë het gesorg vir verskillende afstande wat daar geswem, fietsgery en gehardloop is. “Driekamp-atlete moet in elke item kompeteer terwyl die maksimum energie moontlik bespaar moet word vir die volgende item. …

BADFONTEIN – DM Active Waterval Driekamp het vir gesonde kompetisie op ‘n pragtige Saterdag gesorg.

Driekamp is ‘n multisport-dissipline wat uiterste uithouvermoë verg. Die ouderdomkategorieë het gesorg vir verskillende afstande wat daar geswem, fietsgery en gehardloop is.

“Driekamp-atlete moet in elke item kompeteer terwyl die maksimum energie moontlik bespaar moet word vir die volgende item. In moderne driekamp vind die items aaneenlopend plaas, en die tyd om oor te skakel van een item na die volgende word ook ingereken,” vertel Wikipedia.

Met die derde jaar wat DM Active Waterval Driekamp aangebied is het inskrywings met meer as 100 gegroei. Dit was oop vir alle belangstellendes tot en met 62 jaar. In totaal was daar 151 deelnemers en het die vorige jaar se 42 dus ver oortref.

Die “noodles & scooters”-kompetisie het ook vir baie pret onder die kleuters gesorg. Hulle word van kleins af met gesonde kompetisie touwys gemaak en het die toeskouers met hul uithouvermoë verstom.

“Deelnemers kon individueel of in spanne deelneem. Ons bedank almal wat die dag moontlik gemaak het. Dankie ook aan die ouers en kinders wat met soveel geesdrif opgedaag het,” sê Marnel Forster, organiseerder van die dag.

Die gees was puik en dit was uiteraard ‘n ware gesinsdag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button