Puma-blits doen diens vir die Blitsbokke
Die vlugvoetige Steval Puma-vleuel, Rosco "Speckmagic" Spekman, is verlede Maandag vir die Blitsbokke opgeroep wat die afgelope naweek die Nelson Mandelabaai-sewestoernooi vir die eerste keer sedert dit in Port Elizabeth plaasvind, gewen het.

Spekman het saam met die span na die Emirates Doebai Rugby
Sewes, HSBC Sewes Wêreldreeks getoer waar hy vir die tweede span
(Suid-Afrikaanse Akademie) gespeel het. Die Samurai-sewes het hul titel verdedig
en vir die vierde agtereenvolgende jaar die trofee verower. Hulle het ál vier
groepwedstryde teen England, Fidji, Tunisië en Nieu-Seeland gewen.
Spekman is
een van drie spelers wat hom as noodmaatreël by die Blitsgroep aangesluit het.
Hy het by die Pumas se afgelope jaareindfunksie elke moontlike prys ingepalm –
hy is as die speler van die jaar, die Curriebeker-speler en -agterspeler van die
jaar, die spelers se speler van die jaar én die Vodacom-agterspeler van die jaar
aangewys.
Die twee ander spelers wat hulle by die Blitse aangesluit het, is
die sewesspeler, Stephan Hunt en die Leeus-flank Kwagga Smith. Die trio is in
die plek van die beseerde Stephan Dippenaar en Frankie Horne.
Die
Groen-en-Goud was saam met Spanje, Kanada en Kenia in ‘n poel verdeel. Die
Blitse het in hul openingswedstryd teen Kanada te staan gekom en met 24-7 gewen.
Dit het gelyk of die Spanjaarde nooit vir hul wedstryd opgedaag het nie. Hulle
het 38-0 verloor. Die oud-afrigter van die Bokke wat tans Kenya afrig,
Paul
Treu, se span
het 27-7 vasgeval. Die Groen-en-Goud het met die Portugese
afgereken om na die eindstryd teen Nieu-Seeland deur te dring.
Spekman was
nie deel van die 12-tal nie, maar het langs die kantlyn sy spanmaats ondersteun.
Die Suid-Afrikaners het met 17-14 in ‘n naelbytstryd geseëvier. ‘n Totaal van 32
000 toeskouers het die Blitse in aksie gesien.
