Jong swemmers wys hul vernuf in water
Daar was Vrydag 22 November groot rep en roer by die Witrivier munisipale swembad in Witrivier.

Met groot opgewondenheid het die Wild Geese-swemklub
se jongste lede aan die beginnersgala deelgeneem. Daar was verskeie kleuterskole
wat deelgeneem het, naamlik Little Lambs, Plaaswerf, Noddys en Esiveni
Internationale skool, net om ‘n paar te noem. Die swemmers het die geleentheid
gebruik om aan hul ouers en belangstellendes te wys tot hoe ‘n mate hulle reeds
waterveilig is en basiese swemtegnieke deur die jaar onder die knie gekry het.
Almal het kans gekry om die water te geniet met ‘n belonging aan die einde
van die dag aan die wat uitgeblink het.
Die volgende swemmers het
uitgeblink: Ella Brocklesby en Yabsserra Rich van Esiveni Skool. Shaneessha
Matola, Thakgolo Malele, Kgupello Maphanga en Silindo Tshabalala van Little
Lambs; Caitlyn en Michelle Taylor, Zane Potgieter, Lian Antuness van Plaaswerf;
Giovanni van der Merwe, Christian Gouws, Nathan Louwrens, Ame Quinn, Mia Nel van
Noddys; en ook Jawhara Peer. Afrigter Martie Vitus was vreeslik trots op haar
swemmers.
