Local sportSport

Klub se skopboksers presteer

Die eerste gradering vir die Witrivier Kickboxing and Bootcamp het onlangs plaasgevind nadat 'n klub in Junie gestig is.

Shihan R Phillips van XKT en Sensei Brandt Elhers van Lowveld Fight Club het die gradering gelei.
Ongeveer
80 studente wat almal nuut in die sport is, het deelgeneem. Hulle het almal
uiters goed gevaar en is na die volgende vlakke bevorder.
Skopboks is ‘n
gedissiplineerde sport wat uit fiksheidklasse, gevegstegnieke, semi- ,lig- en
vol-kontak baklei en K1, asook gordel-graderings bestaan. Wanneer ‘n student
gradeer word, word hierdie aspekte getoets en word hulle volgens meriete na die
volgende vlak bevorder. Beginners begin sonder enige gordels en dan skuif hulle
volgens die XKT: Titans-vlakke 1-10-sillabus na gordels van verskeie kleure toe.
Klasse vind plaas op Maandae en Woensdae vanaf 17:00 tot 18:00 vir juniors en
die vroue boot camp vir seniors vanaf 18:00 tot 19:00 by Alluminiumstraat 2.
Navrae: Linda van Staden by 079-425-3773.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button