Local sportSport

Skool keur koop van rugbyspelers af

Die koop van sportmanne, veral rugbyspelers, is 'n algemene praktyk in Suid-Afrika.

In sommige skole kry rugbyspelers ‘n maandelikse toelaag om vir ‘n
spesifieke span te speel.

Die vraag is, gaan dit werklik nog oor rugby? Spelers word wyd en syd gekoop – selfs op skoolvlak is dit besig om té professioneel te raak.

Die skool met die grootste tjekboek kry op die ou end die beste en baie
van die afrigters gooi hulle hande in die lug, met van hul mees belowende
spelers wat na ander skole gelok word.
‘n Paar van die rugbyafrigters, onder andere van Hoërskool Bergvlam, Lowveld High en Hoërskool Rob Ferreira is genader om uit te vind wat hulle daarvan dink.
Oor die algemeen, is betrokkenes nie ten gunste daarvan nie. Dit blyk of meeste van die Laeveld-skole nie spelers of selfs leerders werf nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button