Gholfjoggies kry kans om die stokke te swaai
'n Gholfjoggie loop daagliks tot 12 400m ver, indien 36 putjies gespeel word.

Ten spyte van gure weersomstandig-hede soos reën en die dodelike son,
is hulle die oë van die spelers.
Op Maandag 9 Desember was dit egter húl beurt om die stokke te swaai, om die foute wat hulle daagliks sien, reg te stel.
En kán hulle speel! Die gholfjoggies van Barberton- en Nelspruit-gholfklub en White River Country Club het vir die hoogste erkenning gespeel – joggie van
die jaar.
‘n Totaal van 32 is in spanne van vier verdeel. Besighede soos
Laeveld Media, Innibos, Du Toit-Smuts & Mathews Phosas Standard Bank,
Emnotweni, BT Industrial Supplies and Engineering, The Pro Shop en Kruger &
Vennote het elk vier joggies geborg.
Vodacom was van Nelspruit-klub se borge
en het beffies vir die joggies gegee om duidelik in die bloedrooi uit te staan.
Vroeg volgende jaar, gaan elkeen van hulle ‘n kursus bywoon, om op hoogte van al
die reëls en etikette te bly.
“Ons wil een van die topklubs in die provinsie
wees en om dit reg te kry, is dit nodig om hulle van die nuwe ontwikkelinge te
verwittig. Hulle sal aan die einde van die kursus ‘n eksamen skryf waar die
top-60 gekies gaan word,” het die gholfbaan se bestuurder, Ryk Lacock
gesê.
Chris Makhonto van Du Toit-Smuts & Mathews Phosa, is as die joggie
van die jaar gekroon.
Tom Makwatwa (Innibos), Themba Khoza (Emnotweni),
Elvis Masangu-Sihlangu (Emnotweni) en Markus Mdhluli (Laeveld Media) het
onderskeidelik in die tweede, derde en vierde plekke geëindig (Khoza en Sihlangu
was saam in die derde plek).
Die vier spelers van Innibos is as die bes
geklede spelers met hulle grasgroen-drag aangewys.
