Tweeling maak ‘n merk in hul sport
'n Identiese tweeling wat elk hul eie droom najaag - die een wil graag as die volgende koningin van tennis gekroon word en die ander wil in die water uitblink.

Mignon en Jean Joubert het as kleuters nie vir een oomblik
stilgesit nie en 15 jaar later, spog hulle met verskeie prestasies in onder
andere sport, akademie en leierskap.
Curro se prysuitdeling het Dinsdag
3
Desember plaasgevind waar Jean as die tennisspeler van die jaar en Mignon as die
swemmer van die jaar aangewys is.
Hulle vier volgende jaar hul 16de
verjaarsdag. Dit is ‘n uitdaging om die twee uitmekaar te ken, buiten die twee
sproetjies wat Mignon op haar nek het.
Jean het as vyfjarige haar eerste
swemlesse geneem. Twee jaar later het sy by die High Performace Centre (HPC) by
die Universiteit van Pretoria se sportsentrum aangesluit.
Jean is deel van
die HPC-groep wat agt seuns en sewe meisies in die hele provinsie insluit. “Daar
word vir jou ‘n oefen- en eetprogram uitgewerk. Mpumalanga gaan uit hulle pad
uit om ons as swemmers te help,” vertel sy.
Sy swem tans by Uni Swim. “Ek het
onlangs aan drie items (100m- en 200m-rugslag en 100m-vryslag) deelgeneem waar
ek vir vlak 3 (die hoogste een vir juniors) gekwalifiseer het. Ek het die naweek
van 29 November aan die Mpumalanga Kampioenskappe deelgeneem en is as victrix
lodorum aangewys.”
“Ek dink ek het ‘n lekker styl in die twee items en voel
gemaklik daarmee.” Haar grootste kompetisie is Jordan Minifee.
“Sy is ‘n
uitstekende swemmer veral in borsslag en individuele wisselslag,” sê sy.
Haar
held? Die swemmer, Karen Prinsloo wat ‘n hele paar rekords by die Mpumalanga
Kampioenskappe opgestel het.
Mignon sit bankvas voor die televisie as die
tennisgodin, Maria Sharapova op die baan stap. “Dit is ‘n baie lekker sport. Ek
het op sesjarige ouderdom tennislesse by Parkieland (Laerskool Menlopark) gehad
en daarna by die Van Rensburg Tennisakademie aangesluit. Ek het in gr. 3 vir my
skool se o/11-span gespeel en daarna vir die Suid-Afrikaanse Tennis Vereniging.”
‘n Jaar later is sy genooi om in die interskole-kompetisie by Sun City te
gaan speel. Verlede jaar is sy vir die Ehlanzeni- en Mpumalanga-span gekies.
Mignon speel ook graag hokkie en het vanjaar tot die tweede ronde van die
Ehlanzeni-proewe deurgedring.
