Local sportSport

Barberton Rolbalklub-mans die beste in die superliga

Dit is nou amptelik - Barberton se rolbalmanne is die beste.

Tydens die onlangse Laeveld Superliga, waartydens daar vir die laaste twee maande uitdunne gespeel is, het die Barbertonners as die wenners weggestap.

Die Barberton A-ligaspan het bestaan uit Corrie Els, Kosie Smit, Dick Ter Burg en Hekkie Horn.

Nelspruit was tweede en LVCC Nelspruit derde.
In die vroue liga is die A-liga deur Nespruit gewen met Witrivier en Nelspruit A in die tweede en derde plekke.
Die vroue van Barberton het vierde geëindig en die span het bestaan uit Marie Simon, Martie van Vuuren, Joey Bamm, Annemari van der Ham, Lettie Nel en Carol Spohr.
Die lede van die klub wens almal ‘n rustige feestyd toe.
Indien jy belangstel om by Barberton Rolbalklub aan te sluit, skakel Hekkie Horn by 071-1716-764.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button