Swemhelde nou waterveilig
Sanswem het onlangs hul hoofgala gehou en Sandra Botes het die swemmers met trofeë en sertifikate vergoed.

Algehele kampioen was Francelle van Staden en
Keletso Chiloane het die trofee vir beste vordering gekry terwyl, Ewan Krugel as
die mees belowende kleuterseun en Katekanie Khoza as die mees belowende
kleuterdogter aangewys is.
Blou-sertifikate is aan swemmers wat as
waterveilig beskou word, oorhandig.
Hulle was Jayden Clarke, Keletso
Makondela, Naledi Mashile, Amahle Dlakana, Shana-Lee Stuarts, Thando Nkanka,
Gordon Robertson, Keletso Chiloane, Melandrie Schoeman, Engela Alberts, Ewan
Krugel, Keegan Clarke, Nivo Davel, Daniel Erasmus, Ashley Shaw, Keabetswe
Chiloane, Thabang Mnisi, Nondumiso Ndhlovu, Thando Khumalo, Junior Mkansi en
Betsie Mnisi.
‘n Rooi sertifikaat word aan swemmers wat kruipslag perfek kan
swem en geel aan die wat rugslag en borsslag perfek kan
swem gegee.
Katlego Sambo, Kayla van Staden, Francelle van Staden, Metja Maseko,
Ntandokazi Thobete en Catherine Makutu was van die gelukkige ontvangers.
Die
kinders het teen mekaar meegeding en die jonger swemmers het vir die toeskouers
gewys hoe waterveilig hulle is.
