Olifante sien uit na ‘n jaar vol hoogtepunte
MALALANE – Die afgelope week is afrigter Riaan Pienaar ingelig dat daar gerugte is dat hy nie die klub in 2014 gaan bestuur nie, maar volgens Pienaar is die stories onwaar en opsetlik. “Ek en die bestuur sien na nog ‘n jaar van wen-rugby speel, uit. Die Olifante is huidiglik die Laeveld-kampioene en ons het …
MALALANE – Die afgelope week is afrigter Riaan Pienaar ingelig dat daar gerugte is dat hy nie die klub in 2014 gaan bestuur nie, maar volgens Pienaar is die stories onwaar en opsetlik. “Ek en die bestuur sien na nog ‘n jaar van wen-rugby speel, uit. Die Olifante is huidiglik die Laeveld-kampioene en ons het baie om in die seisoen wat voorlê te bewys,” sê Pienaar.
Hulle sal volgende jaar weer aan die Laeveld liga deelneem. Verlede jaar het hulle die finaal bereik, maar met een punt die knie gebuig. As hulle die komende jaar in die liga presteer, sal hulle na die Super 8-liga deurdring. Daar is ook die groot rugby naweek om na uit te sien. Spanne oor die hele Laeveld neem deel en dit is altyd groot pret vir toeskouers en spelers.
Pienaar sê: “Hierdie jaar het hulle baie hard gewerk, maar hulle het saamgestaan. Ons is kampioene in altwee ligas, en ek hoop om dit weer saam met die manne in die komende jaar te deel.” In die seisoen het die Olifante 20 wedstryde gespeel en 17 daarvan gewen – dit wys dié span se toewyding. Hulle gaan op 7 Januarie met hulle eerste oefening om 18:00 by Malelane Rugbyklub afskop. Moet dit nie misloop nie.
