Nominasies vir Absa Speler van die Jaar ingedien
'n Hele paar rekords het vanjaar op Mbombela Stadion gespat.

Dié span het knaend hoër standaarde vir hulself gestel as wat hul teenstanders kon.
Dís die verhaal van die Steval Pumas se 2013-seisoen nadat hulle vir vier afdelings vir vanjaar se SA Rugbyspeler van die jaar Toekenning genomineer is.
Die Pumas het hul droomjaar afgeskop asof hulle ’n trein gehad het om te haal – 28 rugbywedstryde, 25 oorwinnings.
Breier Jimmy Stonehouse is benoem vir Absa se Afrigter van die Jaar saam met die Springbokke se Heyneke Meyer het die afrigter van die
Curriebeker Premierliga-kampioene, die Sharks se Brendan Venter.
Stonehouse was ook aan die stuur van sake by die SA President 15-tal wat die IRB se Tblisisbeker gewen het. Die Pienkes is óók saam bogenoemde spanne as die Absa Span van die Jaar genomineer.
Die bobaasspeler, Rosco Spekmann is vir twee kategorieë naamlik die Vodacombeker en Absa Curriebeker Eerste Divisie Speler
van die Jaar, benoem.
Die glansryke aand waar die algehele wenners aangewys word, vind volgende jaar vroeg in Februarie by Gold Reef City plaas.
Hier volg ‘n volledige lys van die nominasies:
Saru Rugbyspeler van die jaar
1. Jean de Villiers
2. Bismarck du Plessis
3. Eben Etzebeth
4. Willie le Roux
5. Duane Vermeulen.
Absa se
Nuweling van die Jaar
1. Pieter-Steph du Toit
2. Eben Etzebeth
3. Cheslin Kolbe
4. Siya Kolisi
5. Jan Serfontein.
Absa Span van die Jaar
1. Steval Pumas (Vodacombeker, Absa Curriebeker Eerste Divisie)
2. Sharks (Absa Curriebeker)
3. Springbokke.
Absa Afrigter van die
Jaar
1. Heyneke Meyer (Springbokke)
2. Jimmy Stonehouse (Steval Pumas)
3. Brendan Venter (Sharks).
SA 0/20-speler van die Jaar
1. Jacques du Plessis
2. Cheslin Kolbe
3. Seabelo Senatla
SA Sewesspeler van die Jaar
1. Cornal Hendricks
2. Frankie Horne
3. Seabelo Senatla.
Vodacom
SuperRugby Speler van die Jaar:
1. Willie le Roux (Cheetahs)
2. Adriaan Strauss (Cheetahs)
3. Duane Vermeulen (Stormers).
Vodacombeker Speler van die Jaar
1. Marnitz Boshoff (MTN Goue Leeus)
2. Rosco Speckman (Steval Pumas)
3. Fred Zeilinga (Sharks XV).
Absa Curriebeker Premier Divisie Speler van
die Jaar
1. Cheslin Kolbe (Westelike Provinsie)
2. Scarra Ntubeni (Westelike Provinsie)
3. Fred Zeilinga (Sharks).
Absa
Curriebeker Eerste Divisie Speler van die Jaar
1. Alshaun Bock (SWD Arende)
2. Tiger Mangweni (EP Kings)
3. Rosco Speckman (Steval Pumas).
