Local sportSport

Twee Shotokan karate-instrukteurs maak die Laeveld trots

Die Japanese woord ganbatte beteken "doen jou bes" en dit is presies wat twee Laeveldse Shotokan karate-instrukteurs die afgelope Desember gedoen het.

Sensei’s Piet Venter en Sandra Janse van Vuuren het by die jaarlikse
Ganbatte Gashuku van 9 tot 14 Desember in Kaapstad deelgeneem.

Venter het as vyfde dan bevorder en Janse van Vuuren tot vierde dan.
“Dit is werklik nie iets om oor te spog nie. Almal groei na verloop van tyd deur verskeie fasette van hul lewe. ‘n Karategradering soos dié was slegs ‘n teken dat jy in dié tradisionele vegkuns gegroei het en dat jy dit deel van jou leefwyse gemaak het,” het Venter verduidelik.
Dié gashuku is deur Sensei’s Nigel Jackson (negende dan), Allan Strates (sewende dan) en Mary-Anne Landers (sewende dan) op streng tradisionele Japanese-styl aangebied. Daar is soggens en saans geoefen.
“Ons het so hard geoefen dat dit feitlik tweede natuur geword het,” vertel Janse van Vuuren.
Kandidate moet ‘n gereelde pas volhou sodat hulle nie tekens van
swakheid en moegheid toon nie. “Ons het soms tot 16 gevegte na mekaar teen verskillende teenstanders geveg,” sê Venter.
Gedurende die gradering is daar baie op die atlete se tegniese vaardighede gefokus. Dié bewegings moet met die minimum krag en die maksimum effektiwiteit uitgevoer word. Volgens Venter leer
jy die meeste wanneer jy jou laaste asem gebruik.

“Jy begin dan die korrekte tegnieke uitvoer. Dit is uiters belangrik om te leer hoe om reg asem te haal. Dit is ‘n kuns wat aangeleer moet word.”
Die senior dan-graderingskandidate moes aan die einde van die week ‘n verhandeling geskryf het en aan die 16 Shiankai-lede, die bestuurslede, wat deel van die graderingspaneel van die gashuku deelmaak, gelewer het.
Die Nelspruit, Witrivier, Skukuza en Hazyview Shotokan Karateklub skop Donderdag weer af. Enige belangstellendes kan Venter by 083-629-4475 skakel. Besoek gerus ook hul webtuiste by www.shotokankaratesa.co.za vir meer volledige inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button