Slimkoppe maak regte skuiwe in kampioenskappe
Die jaarlikse Sabie Opeklas-skaakkampioenskappe het die afgelope naweek plaasgevind.

Meer as 200 leerders van 40 skole het deelgeneem.
In die jongste ouderdomsgroep (o/10), het Andeon Barend Pringle van Laerskool Bergland met vyf punte die eerste plek verower. Rynhardt van der Linde van Curro was kort op sy
hakke op vier en Duncan Makofane van Lesodi Primary School was in die derde plek met ‘n punt van 3,5.
Xenias van Zyl (o/10) het die beker vir die beste junior
dogter ontvang en Alyssa Chetty (o/14) is as die beste senior dogter
aangewys.
By die meer gevorderde skaakspelers, die seniors, het Cornelius
Madonsela stof in Pfumi Maluleke en Jan Breytenbach se oë geskop.
Die drie skole, Curro (22), Laerskool Sabie (25) en Hoërskool Sybrand van Niekerk (20) het die meeste leerders in aksie gehad.
Die inskrywings vir die Ehlanzeni ABC Skaak Ope-kampioenskappe is reeds oop en deelnemers kan op www.ehlanzenichess.co.za inskryf.
Ander uitslae
O/12
1. Zuan Taljaard
2. Victor Styger
3. Nicolas Smook.
O/14
1. Johan Visser
2. Marcel Barnard
3. Andre de Kock.
O/16
1. Alexander Maartens
2. Cameron Chetty
3. Rojan Jameson.
O/18
1. Johan Valks
2. Pierre Dorey
3. Vuyani Ndlovu.
O/20
1. Sabelo Magagula
2. Christopher Maartens
3. Thabo Ngwenya.
Senior
1. Cornelius Madonsela
2. Pfumi Maluleke
3. Jan Breytenbach.
