Hoërskool Lydenburg is tops op die sportveld
Die eerste hokkie-, netbal- en rugbyspelers van Hoërskool Lydenburg het met hul sterte in die lug teruggekeer huis toe nadat hulle Saterdag die sportdag by Penryn College oorheers het.

Die eerste hokkie-, netbal- en rugbyspelers van Hoërskool Lydenburg het met hul sterte in die lug teruggekeer huis toe nadat hulle Saterdag die sportdag by Penryn College oorheers het.
Die netbalspanne het al agt wedstryde wat hulle gespeel het, gewen. Die eerstes het die tuisspan maklik met 27-11 geklop terwyl die tweedes harder moes veg om met vier doele 15-11 te wen.
Die dogtershokkiespelers het egter nie so goed gevaar nie en kon slegs twee van hul agt wedstryde in die sakkie steek. Die eerste span het Penryn 3-1 geklop en die o/15B’s het met 1-0 van die veld afgestap.
Die besoekers se o/16’s en eerstespan-rugbymanne het óók hul wedstryde gewen. Die opkomende seniors van Lydenburg het teen die tyd wat die eindfluitjie geblaas het, 19-12 koning gekraai. Die span wat die skool se naam gehou het, was die eerstes wat in ‘n harde stryd 18-14 gewen het.
Vir die volledige uitslae, besoek www.steelburger.co.za