Sewe verteenwoordig Mpumalanga
Elf Komatipoorters het op Saterdag 6 April aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Tweekamp-kampioenskap in Potchefstroom deelgeneem.

Sewe deelnemers is leerders van Komatipoort Akademie, drie is van Hoërskool Nelspruit (woonagtig in Komatipoort en een is ‘n volwassene. Hulle het deel gevorm van die 29 atlete van die Mpumulanga Tweekamp-span.
Hulle is WG Engelbrecht o/13, Lianie Jansen van Vuuren o/13, Zarlia Engelbrecht o/11, Wiam Diedericks, Dieter Diedericks, Hanro van Heerden en Riko Badenhorst o/11 van Komatipoort Akademie, Monya Slabbert o/13, Desire van Staden o/15 en Melisca van Heerden o/15 van Hoërskool Nelspruit, en Jan Engelbrecht (veteraan).
Mpumulanga is die enigste provinsie wat ‘n tweeling in hul span gehad het. Wiam en Dieter Diedericks se tye in die swem en hardloop het verskil, maar hulle het presies dieselfde eindpunt behaal.
“Meeste van die atlete het in ouderdomsgroepe ouer as hul eie deelgeneem, soos Riko. Juis daarom is die atlete se prestasies merkwaardig. Verder was dit WG se vyfde, Jan se vierde, Lianie, Desire en Monya se derde, Zarlia, Melisca en Hanro se tweede en Wiam, Dieter en Riko se eerste deelname aan die nasionale byeenkoms.
Ons bedank graag die borge:
Fine & Country Lowveld Kruger South, Komatipoort SPAR en Delta Clearing vir hul ondersteuning,” sê Jan Engelbrecht.
