Lyenburg skitter op sportvelde
Hoërskool Lydenburg het op Saterdag 10 Mei gemengde welslae teen Generaal Hertzog van Witbank behaal.
Hoërskool Lydenburg het op Saterdag 10 Mei gemengde welslae teen Generaal Hertzog van Witbank behaal.
Die rugby-, netbal-, sowel as hokkiespanne het skoonskip gemaak en met breë glimlagte terug huis toe gekeer. Die o/15 A-rugbyspan het met ‘n telling van 51-0 gewen terwyl die o/15 B-span met ‘n wegholoorwinning van 66-0 geseëvier het. Die o/15 A-dogtershokkiespan wen 2-1 en die o/16-seunshokkiespan wen 5-1. Op die netbalbaan behaal Lydenburg ook groot welslae en behalwe vir een span, het Lydenburg al hul wedstryde gewen.
Die eerste netbalspan het met 20 doele gewen en die telbord het eindelik op 33-13 te staan gekom. Hoërskool Lydenburg bedank graag elke ouer en onderwyser wat betrokke was by die verskillende sportsoorte vir hul toewyding en volgehoue ondersteuning. “Ons waardeer dit opreg.”
