Sport

Springbokke en Wallis reg vir titaniese stryd op Mbombela

Die Springbokke is in Mbombela en hul het jou ondersteuning nodig in die tweede toets teen Wallis op Mbombela stadion op Saterdag 21 Junie.

Die Springbokke is in Mbombela en hul het jou ondersteuning nodig in die tweede toets teen Wallis op Mbombela Stadion op Saterdag 21 Junie.
Die wedstryd skop om 15:00 af en beloof om ‘n reusekragmeting tussen die twee spanne te wees. Die Springbokke gaan op hul sege in Durban in die eerste toets wil voort bou terwyl die Rooi Drake hul stempel in die Laeveld sal wil afdruk.
Die Mbombela stadion het ‘n kapasiteit van 43 000 en het in 2013 twee toetse teen Samoa en Skotland gehuisves. Die stadion is ook die tuiste van die Steval Pumas, wat vanjaar in die ABSA Curriebeker Premierliga deelneem.
Kos en drank sal in die stadion te koop wees. Ondersteuners sal geen kos of drank in die stadion verby die draaihekke en die SAB biertuin kan neem nie.
Ondersteuners kan wel hul eie drank en piekniek mandjies na die stadion neem, solank dit buite die draaihekke gebruik word. Slegs gasbraaiers word toegelaat.
As gevolg van die invloei van ondersteuners na die stadion sal motoriste alternatieweplanne moet maak aangesien sekere paaie gesluit sal word.
Die Samora Machel-afrit (N4-X) sal nie gesluit word nie, maar dit word aanbeveel dat motoriste van alternatiewe roetes gebruik maak aangesienverkeer ‘n problem mag veroorsaak.
Die P166 tussen Mataffin en Riverside sal uitsluitlik vir busse reserveer word. Daar word ook gevra dat die publiek ook die R37 en R40 moet vermy weens verkeersknope.
Stop-en-hop geriewe word aanbeveel en sal toeskouers se roete na die stadion vergemaklik. Dié geriewe sal by die volgende punte beskikbaar wees: Nelspruit Skougronde, Valencia sokkerveld, regeringskompleks (Riverside) en Hoërskool Nelspruit.
Parkering vir gestremdes is, met die ondersteunende dokumentasie,  vir die toets beskikbaar. Private busparkering (28 sitplekke of meer) is teen R250 beskikbaar. Voertuigparkering beloop teen R100 en alle voertuie wat die gebied betree sal ‘n parkeerkaartjie benodig.
Toetskaartjies beloop vanaf R200 tot R400 per kaartjie. Kaartjies is beskikbaar vanaf enige Computicket-tak of Computicket-webblad, Mbombela stadion se kaartjiekantoor (8:00-16:00) asook KLCBT langsaan AC/DC by Crossing Centre.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button