Springbokke kom tuis in Mbombela
Die Springbokke pak dié naweek op 21 Junie vir Wallis op Mbombela stadion aan en beoog om skoonskip te maak nadat hul die Rooi Drake verlede naweek in die eerste van twee wedstryde geklop het. Die wedstryd begin 15:00 en toegang beloop vanaf R200 tot R600 per kaartjie.

MBOMBELA – Groen en Goud is die tema van die week in Mbombela met die tuiskoms van die Springbokke se bekende Laevelders, Heyneke Meyer, Duane Vermeulen en Marnitz Boshoff.
Die Springbokke het Sondag, 15 Junie, by Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe geland met honderde ondersteuners wat die Bokke kom verwelkom het.
Die plaaslike helde het groot aftrek by die ondersteuners gekry en hoop om hierdie naweek nog ‘n groter reaksie tydens die toetswedstryd teen Wallis te ontlok.
Die Springbokke pak dié naweek op 21 Junie vir Wallis op Mbombela stadion aan en beoog om skoonskip te maak nadat hul die Rooi Drake verlede naweek in die eerste van twee wedstryde geklop het. Die wedstryd begin 15:00 en toegang beloop vanaf R200 tot R400 per kaartjie.
Kos en drank sal in die stadion te koop wees. Ondersteuners sal geen kos of drank in die stadion verby die draaihekke en die SAB biertuin kan neem nie.
Ondersteuners kan wel hul eie drank en piekniekmandjies na die stadion neem solank dit buite die draaihekke gebruik word. Slegs gasbraaiers word toegelaat.
As gevolg van die invloei van ondersteuners na die stadion sal motoriste alternatiewe planne moet maak aangesien sekere paaie gesluit sal word.
Die Samora Machelafrit (N4-X) sal nie gesluit word nie, maar daar word aanbeveel dat motoriste van alternatiewe roetes gebruik maak aangesien verkeer ‘n problem mag veroorsaak.
Die P166 tussen Mataffin en Riverside sal uitsluitlik vir busse reserveer word. Daar word ook gevra dat die publiek ook die R37 en R40 moet vermy weens verkeersknope.
Stop-en-hop geriewe word aanbeveel en sal toeskouers se roete na die stadion vergemaklik. Dié geriewe sal by die volgende punte beskikbaar wees: Nelspruit Skougronde, Valencia sokkerveld, regeringskompleks (Riverside) en Hoërskool Nelspruit.
Parkering vir gestremdes is, met die ondersteunende dokumentasie, is vir die toetsbeskikbaar. Private busparkering (28 sitplekke of meer) is teen R250 beskikbaar. Voertuigparkeringbeloop teen R100 en allevoertuiewat die gebiedbetreesal ‘nparkeerkaartjiebenodig.
Kaartjies is beskikbaar vanaf enige Computicket-tak of Computicket-webblad, Mbombela stadion se kaartjiekantoor (8:00-16:00) asook KLCBT langs aan AC/DC by Crossing Centre.
