U/18 Coca-Cola Academy Week bied vuurwarm aksie
Die Pumas het ook na twee goeie vertonings ongelukkig die onderspit teen Boland XV en die Goue Leeus gedelf. Beter kliniese afronding en korrekte besluitneming kon die telling in die Pumas se guns geswaai het.

Coca-Cola Akademie se rugbyweek vir o/18’s wat vanjaar in Worcester plaasvind, het vir vuurwarm aksie op die veld gesorg met sewe spanne wat steeds onoorwonne in die toernooi is.
Die toernooi wat Maandag op 7 Julie op HTS Drosdty se velde afgeskop het, het die eerste twee dae die kaf van die koring geskei met die Westelike Provinsie en die Goue Leeus wat puik vertonings gelewer het.
Die onoorwonne spanne sluit die Westelike Provinsie, die Goue Leeus, KwaZulu-Natal, Boland XV, Oostelike Provinsie Platteland, Blou Valke en die Limpopo Blou Bulle in.
Die Pumas het ook na twee goeie vertonings ongelukkig die onderspit teen Boland XV en die Goue Leeus gedelf. Beter kliniese afronding en korrekte besluitneming kon die telling in die Pumas se guns geswaai het.
In die vorige dag se wedstryd kon die Pumas nie hond haarafmaak teen ‘n sterk Oostelike Provinsie-span nie en het uiteindelik met 49-31 verloor nadat OP met ses punte teen rustyd voor was.
OP se heelagter, Garrick Mattheus, het sy skopskoene aangetrek en seker gemaak dat die span van die Laeveld gedurig moes kyk hoe die bal tussen die pale deurseil.
Die Pumas-spelers, Fana Ngwenya, Lukanyiso Makaula en Philani Nkosi het te beïndruk deur elkeen agter die doellyn gaan kuier.
