School sportSport
Vyf leerlinge veg vir glorie op ringbalbane
Vanaf 14 tot 18 Julie is altesaam 680 ringbalwedstryde gespeel en is spelers uit al die provinsies se vermoëns deeglik getoets.

Hulle het van heinde en ver gekom om aan die Suid-Afrikaanse Ringbalkampioenskappe deel te neem wat vanjaar weer op die bane van Hoërskool Bergvlam in Mbombela aangebied is.
Vyf atlete van Komatipoort het ook gespeel: Zarlia Engelbrecht en Sine Repinga (dogters o/11), Sino Repinga en Janicke Jacobs (dogters o/13) en WG Engelbrecht (seuns o/13).
Hierdie leerlinge het Mpumalanga verteenwoordig. Engelbrecht en sy sussie Zarlia het vir die derde opeen-volgende jaar aan die kampioen-skappe deel-geneem.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
