Kolskote vir Robbies-skuts by streekswedstryd
Die skuts van Hoërskool Rob Ferreira het uitgeblink tydens die eindronde van die Laeveld-streek se prysskietkompetisie verlede week.
‘n Groep skuts van Hoërskool Rob Ferreira moes hul visiere fyn instel en mooi korrel tydens die Laeveld-streek eindronde van die prysskietkompetisie op 5 en 6 Augustus.
Die leerlinge van Rob Ferreira het in drie afdelings gewen: Sporter-gewere o/21, o/16 en o/14.
Individuele uitslae was soos volg:
o/14 Sporter
Danny Deysel – 1ste
Casper Odendaal – 2de
Ruben Holtzhausen – 3de
Chizelle Benson – 4de
Henk Roux – 7de
o/16 Sporter
Franzel Theron – 1ste
Stephan Holtzhausen – 3de
Carmen Sales – 4de
Leigh Douglas – 5de
Derryck Devenish – 9de
o/21 Sporter
Saxon Marzetti – 1ste
Tristan Schoeman – 4de
Abré van Wyk – 5de
Mari-Loïs Nel – 7de
Laurie Theron – 9de
Die wenspanne gaan deur na die Mpumalanga-eindronde wat op 15 en 16 Augustus by Hoërskool Bergvlam gehou word. Skuts wat hier presteer sal dan in September aan die SA kampioenskappe in Florida deelneem.
