School sportSport

Komati Akademie wys nuwe leiers aan

Met groot opgewondenheid en die eksamens wat voorlê, het vanjaar se leiers van Komatipoort Akademie die tuig neergelê en is dit aan die nuwe leerlingraad oorgegee.

KOMATIPOORT – Met groot opgewondenheid en die eksamens wat voorlê, het vanjaar se leiers van Komatipoort Akademie die tuig neergelê en is dit aan die nuwe leerlingraad oorgegee.

Mnr. Ormond Lombard, skoolhoof, het met die nuwelinge gesels en gesê dat leierskap en geloof hand aan hand loop.

“Jy moet ‘n voorbeeld wees vir elkeen wat vir jou gestem het, en ook in die gemeenskap. Daar rus ‘n groot verantwoordelikheid op jou skouers. Om ‘n leier te wees is ‘n geleentheid om ander mense te beïnvloed. Dit is ‘n oefening vir persoonlike ontwikkeling. Ons eindbestemming is om drie imperatiewe te bestuur. Eerstens moet jy jouself bestuur deur verhoudings op vertroue te bou. Dit gaan nie oor wat jy is nie, maar wié jy is. Tweedens moet jy jou netwerk versterk deur verhoudings. Derdens moet jy stewige bande met jou medeleiers bou. Ons moet kan hande vashou. Jy alleen kan dit nie doen nie. Hanteer individue se behoeftes in konteks van die span,” het Lombard gesê.

“Jou balkie plaas jou nie hoër as ander nie, jou verantwoordelikheid is net groter – bly nederig. Jy dra eerste die beeld van die skool uit. Jy kan niks doen sonder die krag van God nie. Bid elke dag sodat jy suksesvol kan wees.”

Die nuwe leiers is Adriaan Atkinson, Dané Botma, Jorge Goncalves, Anina Heystek, Zoe Holder, Jonathan Loubser, JP Marais, Marcian Minnaar, Nicole Negrao, Nicole Snyman, Bianca van Aswegen en Keegan Visagie.

Die erekode van die skool moes eers onderteken word, waarna die balkies in ontvangs geneem is.

Hoofleiers sal later aangewys word nadat ‘n leierskamp deur die leerders bygewoon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button