Local sportSport

Skaakbreine is gereed om provinsie trots te maak

Die Ehlanzeni-skaakspan wat die provinsie eerskomende Januarie in Kimberley by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan verteenwoordig, het 'n sterk groep o/18's in hul geledere.

Jandré Vreken, Dawid Wille, Rickus Henning, Simon Attwood, Braam Visser en Kwezi Mohlalala was deel van die derde oefenkamp wat Saterdag by TUT se kampus plaasgevind het.

Die groep wat uit een o/10, twee o/12’s, twee o/14’s, een o/16 en een o/18-span bestaan, is tydens die onlangse De Goede top-10-toernooi gekies. Die o/18-speler van Bergvlam, Vreken het die beste vertoon met ‘n derde plek (solkoff 13.4, cumul 8.5, sonnebb 7.5).

Terwyl meeste leerders nog voor die kassie gaan ontspan, gaan die 70 leerders van 3 tot 7 Januarie aan die SA’s deelneem.

Die span kom vir die laaste oefenkamp op Saterdag 6 Desember bymekaar om hulle laaste paar skuiwe in te oefen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button