School sportSport

Atletiekskouspel wag op skole

Die jaarlikse interlaer atletiekbyeenkoms word vanjaar op tuisbodem deur Nelspruit Primary aangebied.

Die nuwe skooljaar is om die draai en daarmee ook die begin van die atletiekseisoen. Atlete van plaaslike laerskole maak dus al gereed om mekaar binnekort in die jaarlikse interlaer die stryd aan te sê.

Verlede jaar het rekords links en regs by Hoërskool Rob Ferreira gespat waar Laerskool Witrivier die gasheerskool van die atletiekskouspel was. Vanjaar word die geleentheid op tuisbodem deur Nelspruit Primary aangebied.

Laerskole Lydenburg, Barberton en Witrivier sal kom kuier om die gashere en diése buurskole laerskole Nelspruit, Laeveld en Bergland die stryd aan te sê.

Soos die sportkode aandui, is die grootste kompetisie vir ‘n atleet homself en die begeesterde interlaer vir grootskole bied aan jong atlete die geleentheid om hul potensiaal te verwesenlik, en hul beste tye en afstande deur die verhoogde kompetisie te verbeter. Tog is dit ook pret en bied dit kinders die geleentheid om by ‘n groter skoolspan, ten spyte van hul individuele pogings, betrokke te wees.

Toeskouers, medeleerlinge en ouers toon ook tydens die gebeurtenis hul ondersteuning en betrokkenheid en alles word met die grootste sportmangees en karakter benader.

Selfs die deftige dirigente trek volgens temas aan om die saamsingspan en atletiekspan aan te hits.

Voorwaar ‘n geleentheid van balans, pret en prestasies! Hou nelspruit.co.za en lowvelder.co.za se koerante en webwerwe dop vir al die besonderhede oor die opkomende talentskouspel vir toekomstige en huidige sterre, sowel as die seisoen wat daarna toe opbou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button