Bergland naellaopers ryg rekords in
Die ster wat uitgeblink het onder Laerskool Bergland se atlete was Kyla Labuschagne. Sy het die voormalige rekord in die 200-meterhekkies met ‘n tyd van 32,86 sekondes verpletter.

Die ster wat uitgeblink het onder Laerskool Bergland se atlete was Kyla Labuschagne. Sy het die voormalige rekord in die 200-meterhekkies met ‘n tyd van 32,86 sekondes verpletter. Sy het ook ‘n tweedeplek in die 75-meterhekkies verower wat haar ‘n silwermedalje in die sak gebring het. Verder het sy eerste op die podium geëindig nadat sy slegs na 27,90 sekondes oor die wenstreep is in die 200-meternaelloop.
Mnr. Gordon Lancaster van Laerskool Bergland wens graag vir Nelspruit Primary baie geluk en bedank hulle opreg vir ‘n besonderse dag.
“Gasvryheid, balans, gesondheid, pret, prestasies, goeie buurmanskap en betrokkkenheid was aan die orde van die dag. Baie dankie aan die dirigente, afrigters, beamptes en atlete vir hulle harde werk. Bergvlam wens al sy atlete met hul prestasies geluk en gee ‘n pluimpie aan al die ondersteuners wat bankvas agter die atlete gestaan het.”
