School sportSport

Agt Robbies-atlete oppad na SA’s

'n Groep leerlinge van Hoërskool Rob Ferreira gaan hul provinsie en skool verteenwoordig by atletiekkampioenskappe in die volgende maand.

Hierdie jaar is daar ‘n hele groep talentvolle atlete van Hoërskool Rob Ferreira wat die provinsie by die SA Skole Kampioenskappe en Atletiek SA Kampioenskappe gaan verteenwoordig.

Lente Pieterse, Innocentia Nkhwashu, Danél Bieldt, Angela Carbone, Lusanda Mbatsane en Kwandu Nhlabathi, Nathan Jones en Edward Shabangu gaan as deel van die Mpumalanga-atletiekspan teen van die beste atlete in die land deelneem.

Danél Bieldt, Lente Pieterse, Innocentia Nkhwashu en Lusanda Mbatsane is Mpumalanga kampioene nadat hulle eerste in hul onderskeie items tydens die provinsiale byeenkoms gekom het.

Die skool se atlete het altesaam veertien medaljes verwerf en dertig plekke onder die top 4 tot 6 posisies in items behaal.

Mnr. Stefan van der Merwe is as naellope- en hekkiesafrigter, asook deel van die bestuurspan gekies.

Die SA Skole Kampioenskappe gaan van 26 tot 28 Maart in Rustenburg en die Atletiek SA Kampioenskappe op 6 April in Bloemfontein plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button