School sportSport

Groot sport wag op Bergvlam se leerders die skoolvakansie

Die atlete se seisoen duur voort en die wintersportspanne sal ook die tydjie gebruik om vir volgende kwartaal se ligas voor te berei.

Die skole het Woensdag gesluit en hoewel leerders nou ‘n blaaskans van hul akademiese werk tydens die skoolvakansie kry, gaan sport volstoom voort.

Hoërskool Bergvlam se atlete se atletiekseisoen duur nie net voort nie, die wintersportspanne sal ook die tydjie gebruik om vir volgende kwartaal se liga voor te berei.

Daar is twee nasionale atletiekkampioenskappe wat plaasvind. Die eerste, die Ussasa Atletiekkampioenskap, wor din Rustenburg aangebied. Dit skop vandag) af en duur tot Saterdag. Daarna word die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskap in Bloemfontein vanaf 8 tot 11 April gehou.

Bergvlam-atlete wat in aksie sal wees, is Njabuliso Ngomane in die dogters o/19 400-meter-hekkies en driesprong, Maudas Banda in die seuns o/17 verspring en Kabelo Theledi in die seuns o/15 verspring, driesprong en 300-meter-hekkies.

Die wintersportspanne sal egter nie kan lyf wegsteek nie. Die eerste span sowel as as die o/14-, o/15- en o/16- spanne neem aan die jaarlikse Danie Rossouw Rugbyweek deel. Dit skop more (Vrydag) by Hoërskool Rob Ferreira af en 18 skole sal mekaar die stryd aansê.

Beide die seuns en dogters se eerste hokkiespanne sal hierdie naweek ‘n afrigtingskliniek by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom bywoon, met die o/16-dogters wat in April soontoe sal reis.

Die eerste en o/16-netbalspanne gaan in April na Sportweni in Port Shepstone ter voorbereiding van hul komende seisoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button