School sportSport

Room van skolerugby mik vir die elitespan

Die Danie Rossouw-elitespan sal in Oktober Ierland toe toer.

Die skoolvakansie het oudergewoonte met die jaarlikse Danie Rossouw Rugbyweek by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier afgeskop. ‘n Totaal van 45 spanne van 18 skole het aan die toernooi wat verlede week Vrydag begin het, deelgeneem ter voorbereiding van hul skooltoere en die liga vir volgende kwartaal.

Albert Booyens wat die toernooi georganiseer het en Rob Ferreira se eerste span afrig het na afloop van die reeks gesê almal wat deelgeneem het, het by die week gebaat. “Ek dink almal het gesien wat hulle wou voor volgense kwartaal se liga.”

Hy het vertel daar is 27 spelers tydens die week geïdentifiseer vir die Danie Rossouw-elitespan wat in Oktober Ierland toe sal toer.

IMG_0963

Pieter Wolmarans wat Bergvlam se eerste span afrig, beaam dat dit ‘n suksesvolle week was. “Dit het absoluut sy doel gedien. Ons kon eksperimenteer en kombinasies uittoets sodat ons die seisoen met die regte span kan begin.”

Hy sê die nuwe eerstespanspelers en die spelers wat verlede jaar reeds in die span gespeel het, het aanvanklik gesukkel om mekaar te vind, maar dié uitdagings is tydens die week nekomgedraai. Al die skole se spanne kon ook ‘n spanbounaweek tussen-in inwerk.

“Ons het goeie wedstrydtyd gehad en die ouens kon mekaar bietjie beter leer ken.”

  • Sien meer foto’s hier
  • Uitslae, soos teen druktyd beskikbaar

    Eerste spanne:
    Hertzog 24-32 Penryn
    Curro 7-31 Zeerust
    Rob Ferreira 17-20 Bergvlam
    Secunde 60-0 Curro
    Overkruin 24-7 Penryn
    Barberton 17-15 Bergvlam
    Kanonkop 5-19 Curro
    Rob Ferreira 0-15 Zeerust

    O/16’s
    Rob Ferreira 35-5 Bergvlam
    Curro 41-5 Bergvlam
    Rob Ferreira 12-28 Overkruin
    Kanonkop 29-17 Bergvlam
    Ermelo 5-12 Rob Ferreira

    O/15’s
    Sasolburg 7-0 Uplands
    Bergvlam 0-7 Rob Ferreira
    Rob Ferreira 39-0 Sasolburg

    O/14’s
    Hertzog 20-12 Curro
    Rob Ferreira 20-12 Bergvlam
    Rob Ferreira 21-24 Kanonkop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button