Local sportSport

Rhinos storm voort teen Garsie Bere

Hoërskool Nelspruit se Rhinos het die afgelope naweek tydens die St. John's-toernooi in Johannesburg hul Beeldtrofee-eindstryd van 2014 herleef toe hulle die Garsie Bere met 28-16 verslaan het.

Die Rhinos het vir die eerste keer die Beeld-trofee vir makroskole omhoog gehou nadat hulle die span van Pretoria in ‘n senutergende stryd net-net met 20-19 gewen het.

rhinos tweets

Die vleuel, Eduan Engelbrecht het twee drieë in drie minute gaan druk en die losskakel, Wessel Muller se skopskoen was aan die brand.

rhinos (Small)

NHS het op die eerste dag teen Hilton College met 22-9 geseëvier. Die Laevelders het gistermiddag teen Jeppe Boys’ High te staan gekom.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button