Local sportSport

Tweekamp-atlete presteer goed in die Kaap

Drie atlete van Hoërskool Nelspruit het onlangs aan die 40ste Suid-Afrikaanse Tweekampkampioenskappe in Stellenbosch deelgeneem.

Justin Smit (o/17) is uit 60 deelnemers as die wenner aangewys nadat hy die twee- kilometer in 05:56,64 gehardloop het en die 100-meter in 58,74 sekondes geswem het. Justin het 2 470 punte met sy puik vertoning behaal en is in die SA-span ingesluit.

Jeanne Joubert (o/15) het ‘n vierde plek behaal en het die een-kilometer in 03:17,88 afgelê en die 100-meter in 01:06 geswem. Sy het 2 349 punte verdien, terwyl Mignon Joubert die 23ste plek uit 60 deelnemers behaal het.

Jeanne en Mignon het ook aan die einde van Maart aan die Afrikabeker-driekamp in Zimbabwe deelgeneem en puik presteer. Jeanne het die 400-meterswem, 10-kilometerfietsry en 2,5-kilometer-hardloop in 44:22 afgelê en Mignon was kort op haar hakke met ‘n tyd van 45:25. Die dogters het onderskeidelik die derde en vierde plek beklee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button