Glorie vir WP in o/13-Cravenweek
WP het deurgaans met uitstekende spel tussen die voor- en agterspelers gedomineer wat mekaar gekomplimenteer het.

Die o/13-Coca-Cola Cravenweek-trofee staan vir die derde agtereenvolgende jaar in DHL Westelike Provinsie se kas nadat die manne hul bure, Boland 34-14 in die eindstryd geklop het.
Dié wenspan is na afloop van die week wat vanjaar deur die Mpumalanga Rugby-unie aangebied is, die enigste onoorwonne span gewees.
Die Kapenaars het as wenners in 2013 én 2014 in Bela-Bela en Durban onderskeidelik uitgetree. Hulle het in hul eerste drie wedstryde met die Valke, Grens en die SWD afgereken om só ‘n plek in die eindstryd te bespreek.
WP het deurgaans met uitstekende spel tussen die voor- en agterspelers gedomineer wat mekaar gekomplimenteer het.
Boland se Corné Ethan het vroeg in die eerste helfte die eerste punte aangeteken. Teen rustyd het WP twee verdoelde drieë aangeteken en gemaklik met 17-7 voorgeloop.
Met die aanbreek van die tweede 25 minute, het WP nóg twee drieë gedruk met Jack Cloete wat die bal deur die pale gejaag het. Boland het tot die einde toe geveg en ‘n drie in die doodsnikke van die wedstryd aangeteken.
In ‘n ander kragmeting het TW Profile Services Valke die SWD 28-12 verslaan, terwyl KwaZulu-Natal die Luiperds met ‘n drafstap 24-3 geklop het.
Die Pumas kon net een van hul vier wedstryde verlede week op Hoërskool Rob Ferreira se rugbyvelde wen. Die groentjies het Donderdag teen Vrystaat op die hoofveld 31-14 koning gekraai. Op die laaste dag het hulle teen Grens Buitedistrik (BD) te staan gekom en met die bal in hand en gebieds-voordeel gedomineer en fase na fase opgebou, maar gesukkel om af te rond.
Onnodige skoppe dwarsdeur die toernooi het hulle ook duur te staan gekom.
Die telling was teen rustyd 0-0.
Grens BD se aanval op die voorvoet en hul agterspelers wat die balle kant toe versprei het, het Grens teen die 47ste minuut 10-0 laat voorloop.
In die laaste drie minute, het Alec Vermaak van die Pumas gaan druk, en in die 49ste minuut het Grens BD die Pumas se doppie finaal geklink.
Puntemakers
Pumas: Alec Vermaak. Doelskop: Vermaak.
Grens: Drieë: Theuns Janse van Rensburg, Latica Nela. Doelskop: Sihlalo Benge.
Volledige uitslae
Maandag 29 Junie
• Vrystaat 0 SWD 19
• Griffons 16 Grens Buitedistrik 22
• Oostelike Provinsie 12 Bidvest Goue Leeus 13
• Boland 20 Luiperds 15
• GWK Griekwas 7 Namibië 12
• DHL WP 24 TW Profile Services Valke 19
• ITEC Blou Bulle 40 Zimbabwe 0
• Limpopo Blou Bulle 7 Grens BD 29
• Pumas 7 KwaZulu-Natal 21.
Dinsdag 30 Junie
• Griffons 37 Namibië 13
• GWK Griekwas 15 Zimbabwe 7
• TW Profile Services Valke 21 ITEC Blou Bulle 19
• Vrystaat 5 Limpopo Blou Bulle 33
• Bidvest Goue Leeus 17 SWD Arende 37
• Grens BD 19 Pumas 14
• KZN 7 Boland 34
• Oostelike Provinsie 17 Luiperds 18
• Border 0 DHL Westelike Provinsie 33.
Donderdag 2 Julie
• Boland 18 TW Profile Services Valke 15
• DHL WP 17 SWD 3
• Itec Blou Bulle 29 Grens BD 0
• Bidvest Goue Leeus 0 KZN 33
• Grens 15 Luiperds 27
• Pumas 31 Vrystaat 14
• Namibië 14 Zimbabwe 13
• OP 31 Limpopo Blou Bulle 12
• GWK Griekwas 0 Griffons 18.
Vrydag 3 Julie
• DHL WP 34 Boland 14
• TW Profile Services Valke 28 SWD 12
• KZN 24 Luiperds 3
Oostelike Provinsie 14 Itec Blou Bulle 38
• Bidvest Goue Leeus 12 Griffons 15
• Grens BD 40 Namibië 7
• Pumas 7 Grens BD 17
• Limpopo Blou Bulle 19 GWK Griekwas 5
• Zimbabwe 14 Vrystaat 14.
