Local sportSport

Plaaslike ryer sit Big Five in sy sakkie

Dit nadat hy JP Jung van Bells Cycling Midas met net 15 sekondes geklop het.

Die plaaslike ryer, Nohan van Tonder, het die afgelope naweek die titel van die Big Five-bergfietswedren gelig.

Dit nadat hy JP Jung van Bells Cycling Midas met net 15 sekondes geklop het. “Die roete was baie plat gewees. Die feit dat daar geen klim was nie het dit baie uitdagend gemaak om ‘n voorsprong oor jou teëstanders te kry,” vertel die kampioen.

Hy sê verder dat hy eers na 30 kilometer uiteindelik van die groep weggebreek het. “Na ‘n paar kilometer op die roete was ons net vyf in die voorste groep gewees. Ek en JP het op ‘n kort tegniese gedeelte weggebreek en ons het goed saamgewerk om goeie tye op die res van die roete te ry. Met die laaste 100 meter het ek my spoed vermeerder en tot by die eindstreep gesnel.

“Ek het dit oor die algemeen baie geniet en sal dit beslis volgende keer weer ry om my titel te verdedig.”

Die subveteraan, Dalene van der Leek, se bene was die sterkste op die dag met die dat sy die goud in die 60 kilometer vir vroue gevat het. Dit was haar eerste wen van die jaar.

James Goosen het die 45 kilometer in ‘n tyd van 01:29:36 gewen met Liam de Klerk kort op sy hakke in die tweede plek met 01:29:45. Adri Kruger was die eerste vrou wat die eindstreep in 01:48:39 oorgesteek het. Monique Swart was na ‘n hele paar minute, in die tweede plek met 01:55:25.

Oor die 500 deelnemers het Saterdag gery. Volgende op die kalender, is die Mankele Avalanche wat die naweek by Mankele plaasvind. Van die land se topfietsryers gaan in aksie wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button