Jukskeiklub wy nuwe bane in met toernooi
Spanne van Middelburg en Nelspruit het die klub besoek en die toernooi is gehou om die geleentheid te vier.

Die Jukskeiklub het Saterdag 11 Julie tydens ‘n vriendskaplike toernooi hul nuwe baan amptelik in gebruik geneem.
Spanne van Middelburg en Nelspruit het die klub besoek en die toernooi is gehou om die geleentheid te vier.
Die president van die Mpumalanga Jukskeiklub, Connie Wolmarans, het die baan amptelik geopen en die eerste skei gegooi.
Sy vrou, Brenda, ‘n Springbokspeler, het ook die dag bygewoon. Die visepresident, Nicky Coetzee het homself ook as ‘n uitmuntende speler onderskei. Na die tyd het die onderskeie klubs heerlik saamgekuier en -gebraai.
Die klub in Komati is drie maande gelede gestig. Daar is vier putte en ruimte vir nog baie lede. Belangstellendes kan Japie Swart by 083-656-8544 of vir Billy Broodryk by 083-231-5102 skakel.
