Local sportSport

Nuwe spelers aan Pumas afgestaan

Die diamantveld het twee spelers aan die Steval Pumas vir die 2016-rugbyseisoen afgestaan.

Dit nadat die losskakel Francois Brummer en die voorspeler Nardus van der Walt Woensdag kontrakte met die Laevelders gesluit het.

Die span sal sonder party van hul sterspelers in die Absa Curriebekerreeks moet klaarkom. Die agsteman, Renaldo Bothma is tans in Namibië waar hy saam met die buurstaat oefen vir die Rugbywêreldbeker wat later vanjaar in Engeland plaasvind. Vincent Koch en Faf de Klerk doen diens by die Springbokke.

Daar is heelwat meer mededinging onder die flanke met die dat Lambert Groenewald ook besluit het om die Laeveld sy permanente tuiste te maak. Hy is vanjaar deur die Leeus geleen.

Die voormalige prestasiebestuurder van die OP Kings, Southy Steenkamp sluit homself ook vir die nuwe seisoen by die Pumas aan. Stellenbosch se Robin Arkell is as die nuwe kondisioneringsafrigter aangestel nadat hy by die Universiteit van Kaapstad se Varsitybekerspan betrokke was.

“Dit is duidelik met die aanstelling van die nuwe spelers asook die afrigters dat ons die Curriebeker in ‘n baie ernstige lig sien. Ons is steeds op soek na jong kwaliteitspelers,” het die breier van die Pienktruie, MJ Mentz gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button