School sportSport

NHS en Curro veg vir die eerste plek

Die o/15 hokkiespanne van Hoërskool Nelspruit en Curro ontmoet mekaar more in die eindstryd van die Curro Sewestoernooi.

NHS lê tans boaan die punteleer met 16 punte en hul opponente is kort op hul hakke met 15.

Lowveld High School se o/17’s is ook deur na die eindstryd, maar hul teëstanders moet nog beslis word.

Uplands en Penryn College (o/15’s) sal vir derde en vierde plek meeding terwyl Bergvlam óók tot more sal moet wag om te sien teen wie hulle speel.

Lowveld High School se o/15’s speel teen Bergvlam vir die vyfde en sesde plekke en Curro en Penryn se o/17’s salvir dieselfde posisies meeding. Die wedstryde begin om 14:40 met die twee top-spanne wat om 15:50 begin.

Aangesien die o/17’s nog voor wedstryde speel om die finale posisies te bepaal, is die finale punte nog nie bekend nie.

Punteleer
O/15
• NHS – 16
• Curro – 15
• Uplands – 9
• Penryn – 6
• Lowveld High – 4
• Bergvlam – 4.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button