Local sportSportUpdate

Plaaslike mamba haal nasionale span

Die Laeveld Mambas se veterane behaal 'n vyfde plek in provinsiale aksiekrieket-toernooi.

Die Laeveld Mambas se veterane het verlede week ‘n vyfde plek in die Suid-Afrikaanse binnenshuise krieketfederasie se interprovinsiale toernooi behaal.

Die span het die streek by die jaarlikse toernooi vir spanne ouer as 40 verteenwoordig. Dit is by die Meyersdal Aksiekrieketarena in Alberton aangebied.

Kaptein Corrie Minnaar is ook tot die Suid-Afrikaanse span vir spelers ouer as 45 ingesluit.

 

Hardebaarde soek aksiekrieket titel, 16 September 2015, 13:11

Die Action Sport-arena in Riverside se eie Laeveld Mambas-span is verkies om vandeesweek die streek by die interprovinsiale toernooi vir spanne ouer as 40 te verteenwoordig.

Hulle het Sondag vertrek en sal teen sewe ander spanne meeding om as kampioene gekroon te word. Die jaarlikse toernooi het gister by die Meyersdal Aksiekrieketarena in Alberton afgeskop.

Die Suid-Afrikaanse binnenshuise krieketfederasie bied jaarliks dié interprovinsiale toernooi vir verskillende ouderdomsgroepe aan.

Die sameroeper Dirk Botha sê die Mambas hoop om ‘n plek in die finale wat Saterdag gespeel word, te bespreek. Hou Laevelder dop vir die uitslae.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button