Local sportSport

Jong ster laat die rekords behoorlik spat in gala

Die swemmer van Uniswim (UNI), Liza-Mari Drummond (15) het vier nuwe rekords tydens die Mpumalanga Xerox-sprintgala opgestel wat Saterdag by Van Riebeekpark plaasgevind het.

Sy het die 50-metervryslag in ‘n tyd van 28,10 sekondes afgelê. Daarna het sy in die 100-metervryslag ook die rekords laat spat toe sy na 01:01,75 die muur geraak het. Liza-Mari het ook nuwe rekords in die 50- en 100-meterborsslag en 100-meterrugslag aangeteken.

Jetro Piso, Giano dos Santos en Vidhaan Singh het mekaar in die seuns o/13-afdeling gas gegee. Alhoewel hulle elkeen ‘n rekord opgestel het, was dit ‘n verskil van sekondes wat die tye onderskei het.

Jetro spog met rekords in die 50- en 100-metervryslag en in die 100-metervlinderslag. Dié swemmer van Fins het goud in sy eerste item, die 50-meterrugslag met ‘n tyd van 27,04 verower en daarna het hy nog ‘n goud in die 50-metervryslag met ‘n tyd van 01:11,27 aangeteken nadat hy Giano met meer as twee sekondes uitoorlê het.

Giano, wat Nelspruit Swem Akademie verteenwoordig, het sy staal in die 100-meterrugslag gewys toe hy dié item in 01:12,43 gewen het. Hier het Jetro ‘n tweede plek in 01:15,68 verower.

In die 100-meterborsslag het Vidhaan ‘n nuwe tyd op die stophorlosie geswem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button